By Hardebaard praat ons oor die lewe. Ons vra die vraag: “Wat is ‘n hardebaard en waarom sonder ons dié woord uit.” Die doelwit van hierdie webtuiste is om
hardebaarde te kweek, om ‘n plek te skep waar daar
oor hardebaard-dinge gepraat kan word – oor
dinge waarin hardebaarde belangstel – en om
te kyk na ‘n lewensfilisofie wat ‘n hardebaard
omvat. Daarvoor het ons eers ‘n definisie vir ‘n
hardebaard nodig, want eers wanneer ons ‘n definisie neergepen het kan ons bepaal wat die dinge is wat ‘n hardebaard se hartsnare roer. ‘n Hardebaard kan
sekerlik net iemand wees wat ‘n harde bloubaard het – ‘n ysterbaard, waarmee hy verf van ‘n muur kan skraap, waarvoor hy ‘n skerp lemmetjie nodig het en wat hy vroegoggend skeer en vanaand wys dit weer blou op sy gesig. Hardebaard kan egter ook iets verteenwoordig. Ons dink dit verteenwoordig volwassenheid. ‘n Hardebaard is ‘n grootmens. Daar is al deur sommiges beweer dat
die moderne man nooit volwassen word nie, dat
hy ‘n seun bly. Dit is gewis ‘n stelling wat ons
gaan ondersoek. ‘n Mens kan ‘n hardebaard
wyer defineer as net ‘n man… vir die doel van
dié webruimte praat ons van ‘n man wat al
deur die meule van die lewe is, wat al die
lewe ervaar het, wat verantwoordelikheid
aanvaar en wat dinge doen. Ons wil op
hierdie webruimte ondersoek instel
na wat hierdie dinge is en hoe ‘n
mens ‘n Hardebaard word. Jy
begin as ‘n melkbaard… dit
is ‘n tog waardeur ‘n mens
gaan… van ‘n jong seun
na ‘n sagtebaard,
na ‘n hardebaard.