Is slim masjiene
’n gevaar?
Rean Steenkamp
Die jong man sit en wag voor die deur. In sy hand is al sy kwalifkasies – netjies saamgestel in 'n portefeulje. Hy het sy Meestersgraad met lof geslaag en was bykans sy hele skoolloopbaan eerste in sy klas. Hy voel nogal seker van homself. Dan sak sy moed in sy skoene... 'n Androïde robot stap die vertrek in... sy kom ook aansoek doen vir die pos!
Hoe gaan die wêreld oor tien jaar lyk? Het jy al mooi daaroor nagedink? Indien tegnologiese ontwikkeling voortgaan soos tans, is daar veranderings wat op ons wag wat die wêreld soos ons dit ken, dramaties sal verander.
My selfoon is ’n baie kragtiger rekenaar as die Apple Macintosh Quadra waarmee ek 20 jaar gelede tydskrifuitleg gedoen het. Daardie rekenaar het ’n “reusegeheue” van 450 megagrepe gehad. Toe die Apple-rekenaar die dag by my afgelewer is, was ek in die wolke en erg beïndruk deur sy krag en spoed. In vergelyking met my iPhone 6 was dié rekenaar egter baie onnosel en slak-stadig – veral as ’n mens in ag neem dat my selfoon multifunksioneel is en dat dit ook ’n tweerigtingradio, ’n kamera, ’n videokamera en ’n GPS is! My selfoon kan bepaal hoe ver ek loop en hoeveel stelle trappe ek geklim het, en my inlig oor wat ek van die weer kan verwag. Met die selfoon het ek ’n oop deur na ’n enorme hoeveelheid inligting – dit is eintlik ’n formidabele ensiklopedie.
Dié inligting is egter ou nuus, almal weet dit reeds. Almal is dit ook eens dat tegnologie eksponensieel ontwikkel, dit wil sê, dit wat twintig jaar geneem het om te gebeur, gaan nou binne tien, vyf of selfs minder jare plaasvind.
Ek ervaar reeds dat my MacBook Pro en my iPhone besig is om my persoonlike voorkeure te leer ken. Die rekenaars neem mettertyd kennis van my voorkeure en pas daarby aan, sonder dat ek enige opdragte gee. Dit gebeur net! Die rede hiervoor is dat rekenaars al hoe “slimmer” word. Hulle word slimmer, want hulle word natuurlik al hoe beter geprogrammeer.
Wat egter voor die deur staan, is rekenaars wat vir hulleself kan dink – wat só geprogrammeer is dat die rekenaars “intelligent” is, dat hulle dinge kan begin doen wat nié in hulle geprogrammeer is nie. Nou het ons te doen met die sogenaamde “kunsmatige intelligensie” of KI. Dit is ’n rekenaar wat kan dink – self kan dink – en dus selfprogrammeerbaar is. Wat hierna gaan volg, is bykans onvoorspelbaar.
Terselfdertyd ontwikkel robotika teen die spoed van lig. Groot vordering is reeds gemaak met die naboots van menslike beweging. Daar is reeds robotte (of menslike masjiene) wat net soos mense lyk, so beweeg en kan praat. Dié robotte kan vrae beantwoord en selfs emosie toon. Dit is egter alles vooraf in die “brein” van die robot geprogrammeer.
Wanneer ons die een in die ander een plaas, het ons ’n sintetiese wese. Ons neem die denkende rekenaar en plaas dit in die robot wat na 'n mens lyk, en siedaar, ’n “menslike” masjien wat self kan dink, en wat baie, baie meer kan doen!
In die eerste plek hoef die “denkende rekenaar” en die “robot” nie by mekaar te wees nie. Die twee toestelle moet net met Wi-Fi in verbinding wees. Die robot kry dus opdragte en nuwe programme van die rekenaar met die intellek. Sodra die Wi-Fi-verbinding verbreek word, gaan die robot voort met dit wat reeds in sy elektroniese brein geprogrammeer is. Sodra daar weer verbinding is, kan die robot alles bywerk en nuwe, aangepaste opdragte ontvang. Een denkende rekenaar kan ook meer as een robot beheer. In dié geval is dit soos ’n mens met meer as een liggaam waarvan die een langs die swembad kan lê, terwyl ’n ander een die gras sny en nog een die skottelgoed was.
Die menslike masjien sal ook die hele tyd dieselfde inligting beskikbaar hê as my iPhone 6. Dink net daaraan: Dié robot sal altyd op hoogte wees van die jongste nuus, die rand/dollar-wisselkoers, die weer en waar hy hom bevind, en toegang hê tot die magdom inligting op die internet. Voorwaar ’n superwese.
Hierdie robot gaan nooit moeg word nie, nooit rus of te slaap nie en indien dit beskadig raak, kan herstelwerk dadelik gedoen word. Daar is nie ’n hersteltydperk ná die “operasie” soos by ’n mens nie. Die robot hoef nie te eet nie, maar net by die naaste elektriese muurprop te herlaai, of indien dit nie naby elektriese krag is nie, van die naaste sonpaneel, wat dalk selfs op sy rug saamgedra kan word. Terwyl die robot in die son beweeg, herlaai dit sommer.
Tesla, die vervaardiger van elektries-aangedrewe motors, het juis onlangs aangekondig dat ’n nuwe battery ontwikkel is wat baie langer hou as ander en wat die gebruik van sonkrag ’n groot hupstoot gaan gee. Ons kan seker wees daar gaan nog menigmale ook op dié battery verbeter word.
Google se motor wat sonder ’n bestuurder kan rondry, is reeds ontwikkel en gaan binnekort funksioneel wees. Dit gaan die hele vervoerstelsel verander. Omdat motors met mekaar sal kan praat en deur GPS kan weet waar ander motors is, sal botsings grootliks uitgeskakel kan word.
Wanneer ’n robot dus in die straat loop en ’n motor is besig om te nader, sal die robot dit ook weet. Albei kan dus stappe neem om ’n botsing te vermy. ’n Motor en ’n robot sal kan kommunikeer en ’n robot binne ’n motor sal die voertuig kan beheer asof deur psigokinese of breinkrag. Alle voertuie op land, see of in die lug wat rekenaar- en internet-aangedrewe is, sal met mekaar in verbinding wees. Dink ’n bietjie na oor die implikasies daarvan… ten goede en ten kwade.
Nayef Al-Rodhan skryf in “The Many Ethical Implications of Emerging Technologies” die volgende: “Die afgelope vier dekades het tegnologie ons lewens fundamenteel verander: van die manier hoe ons werk tot hoe ons kommunikeer en hoe ons oorlog maak.” Hy wys daarop dat dié ontwikkeling omstrede is en heftige debatte ontlok.
Ontwikkeling en nuwe tegnologie is en was maar altyd vir sommige ’n bedreiging. Die meeste mense is egter oortuig daarvan dat dit tot nou toe tot voordeel van die mensdom was. Maar is dit nog die geval?
’n Bekende professor van Oxford Universiteit en kenner van hoe robotte leer, Michael Osborne, het onlangs gesê dat daar voorspel word dat nie minder nie as 47 persent van die werksgeleenthede in die VSA in die volgende dekade of twee deur rekenaars vervang sal word. “Masjienleer is die bestudering van algoritmes wat kan leer en optree – en algoritmes word toenemend goedkoper as menslike arbeid,” meen hy. “Hulle is besig om die ingewikkeldste take wat mense doen te vervang,” sê hy. Effens onstellend?
’n Hele paar bekendes reken só. Wanneer Stephen Hawking, Bill Gates en Elon Musk oor iets saamstem, moet dit ’n mens jou ore laat spits, of hoe?
Al drie dié bekende manne waarsku teen die moontlike gevolge van kunsmatige intelligensie. Hawking, die wêreld se bekendste fisikus, reken dat indien kunsmatige intelligensie (KI) ten volle ontwikkel word, dit die einde van die mens tot gevolg kan hê. Volgens Musk, die sakeman wat PayPal, Tesla en SpaceX begin het, is KI “die grootste bedreiging vir die mens se bestaan”. Hy reken om met KI rond te foeter is soos om “demone op te roep”.
Die bekende Bill Gates het nog nie sulke drastiese uitlatings gemaak nie, maar sê hy is gewis bekommerd en onrustig oor die onderwerp.
Met die integrasie van biomeganika en robotika is dit moontlik dat ’n robothand binnekort al die fyn motoriese bewegings van die menslike hand sal kan naboots – en dan verbysteek. ’n Robot sal dus baie fyner werk as ’n mens kan doen, veral ook omdat die robot-oog op baie ver voorwerpe én baie naby objekte sal kan fokus. Daar is dus ’n moontlikheid dat bykans alle werk wat met die hande gedoen word, in die toekoms beter deur ’n robot gedoen sal kan word. Robotte sal dus alle handearbeid kan oorneem. Baie van die werk wat in die verlede deur mense gedoen is, is reeds deur meganisering oorgeneem.
Of robotte met KI ook ’n besef van self of bewussyn (consciousness) gaan hê, is ’n ander saak. En indien dit ’n “voelende wese” is en selfbewus is, gaan dit ’n morele kode hê, en, indien wel, waarop sal dit gegrond wees? Sal dit op die oorspronklike programmering gegrond wees? Daar is ’n goeie kans dat die rekenaar of robot nie ’n eie agenda sal ontwikkel nie, maar net sal aanhou om te doen wat dit gevra word… of dalk nie? Indien dit wel ’n eie agenda ontwikkel, wat sal die dryfveer wees? Is dit ’n behoefte, ’n emosie, soos om wraak te neem, ’n begeerte, soos om goed of sleg te wees of om te oorheers? Sal daar tussen al die rekenaars met KI ’n band vorm, ’n tipe kuddegevoel of lojaliteit teenoor ander kunsmatige wesens met KI?
Sal die een rekenaar tot die een of ander slotsom kan kom, sal hy sy eie aanvanklike programmering kan wysig, bykans soos ’n mens wat daarin kan slaag om sy onderbewussyn in te dring en veranderings aan te bring? Wanneer die rekenaar ’n besluit neem en ’n agenda ontwikkel, sal dit die ander rekenaars probeer herprogrammeer om hulle almal in lyn met sy denke te bring? ’n Mens kan aan ’n klomp scenario’s dink.
Maar nie almal is van mening dat dit gou sal gebeur nie. Professor Osborne sê dit is belangrik om te onderskei tussen wat ons van robotte kan verwag en wat ons nie van hulle moet verwag nie. “Mense voorspel lankal dat iets soos Daisie die robot-huiswerker binnekort haar opwagting sal maak, maar dit is baie ver van die waarheid af,” reken hy. “Die reproduksie van die volle werking van die menslike vingers en die menslike oog is iets wat nog lank nie vervolmaak sal word nie.”
Hy meen egter ook dat die eerste myn wat ten volle deur rekenaaroutomatisasie bedryf sal word, binne tien jaar tot stand sal kom. Hy reken ook dat menslike faktore altyd nodig sal bly, naamlik kreatiwiteit, sosiale intelligensie en persepsie of insig. “Daar is eiesoortige inligting wat die mens deur ’n leeftyd bekom wat baie moeilik programmeerbaar is,” sê hy. Dit is byvoorbeeld baie moeilik om ’n algoritme te skryf wat ’n rekenaar in staat sal stel om tussen ’n goeie en ’n swak liedjie of melodie te onderskei. Professor Osborne sê hul studies dui ook daarop dat die mense wat die hoogste salarisse verdien en ten minste oor ’n B.A.-graad beskik, die minste deur meganisering beïnvloed sal word.
Hopelik is hy reg, maar dit beteken steeds dat baie mense in die volgende paar jaar werkloos kan raak omdat hulle werk deur robotte oorgeneem gaan word. Ons lees juis van ’n hotel in China wat reeds heeltemal deur robotte bedryf word. Hulle beman die ontvangsarea, dien as sekuriteit by die deure en tree op as kelners. Die Pengheng Space Hotel in Shenzen het besluit om eerder werkers te bou as om hulle aan te stel!
In Japan het die Mitsubishi Bank in van hulle takke reeds ’n hominoïed met die naam Nao op die proef begin stel. Indien die robot ’n sukses is, sal baie van dié robotte teen 2020 in banke in Japan ingespan word.
Stewe Boyd, die hoofnavorser by GigaOM Media vra 'n interessante vraag: "Die belangrikste vraag vir 2025 is volgende wees: Wat is die nut van mense in 'n wêreld wat nie hul arbeid nodig het nie en wat net paar mense nodig is om 'n robotgebasseerde ekonomie te stuur?"
Op die oog af lyk dit darem nie asof ons bang hoef te wees robotte neem die wêreld oor soos in die film Terminator nie, maar dit vir seker waar dat baie mense se beroepe in gevaar is. ’n Mens moet daarvoor beplan. Jy moet probeer om jou kinders in rigtings te laat oplei wat nie maklik deur robotte oorgeneem kan word nie. Om egter daarvoor te beplan is moeilik, want niemand weet regtig wat om te verwag nie.
Aan die een kant kan jy probeer om tegnologies voor te bly, om te sorg dat jy nie deur ’n robot vervang kan word nie. Jy kan een van die mense word wat die robotte ontwikkel of programme vir hulle skryf. Nuwe beroepe en werk sal waarskynlik onstaan en 'n mens moet sorg dat jy ingelig oor die onderwerp bly sodat jy jou kinders die regte leiding kan gee.
Aan die ander kant kan jy retro gaan – jy kan juis die teenoorgestelde koers inslaan. Indien ’n mens sy eie kos produseer, sy eie krag opwek en oor die algemeen selfversorgend is, maak dit nie saak hoe robotte of meganisering elders die arbeidsmark oorneem nie. Hoe minder 'n mens van die sogenaamde "stelsel" afhanklik is, hoe kleiner sal die invloed van meganisasie op jou lewe wees. 'n Gemeenskap kan sekerlik self bepaal tot watter mate hulle masjiene sal toelaat om hul lewens te verander. Nuwe tegnologie kan die lewe gewis vir 'n mens makliker en beter maak, maar 'n mens moet weet waar om die lyn te trek.
Ons kan in verdere artikels dié onderwerp meer indringend ondersoek.
Bestuurderlose vragmotors is reeds in werking by die Pilbara-myn in Australië. Tim Day, die man in beheer van die meganisasie van die myn, sê: “Die hoofrede vir die voertuie is veiligheid. Die doel is om mense weg te neem van die voorkant, waar dit baie gevaarlik is.” Hy sê egter ook: “Die masjiene kan ook baie ure langer werk. Jy wen tyd, want die masjiene het nie etenstye nodig nie, en jy verkwis nie tyd met skofwisselings nie.”
In Japan word robotte met die naam Robear in hospitale gebruik om pasiënte op te tel.
’n Robotkelner aan die werk in ’n hotel in China en ’n ander een in ’n restaurant.
Robotte wat soos mense lyk, kan praat en vrae kan beantwoord bestaan reeds. Op dié foto is Otonaroid, ’n tele-aangedrewe androïede robot wat soos ’n vrou lyk. Volgens die museum in Japan, word sy (of dit) as ’n “robot-wetenskap-kommunikator” ingespan. Kyk gerus ook op YouTube om meer oor dié onderwerp te sien – https://www.youtube.com/watch?v=MaTfzYDZG8c
Meer oor die boek Rise of the Robots:
In a world of self-driving cars and big data, smart algorithms and Siri, we know that artificial intelligence is getting smarter every day. Though all these nifty devices and programs might make our lives easier, they're also well on their way to making "good" jobs obsolete. A computer winning Jeopardy might seem like a trivial, if impressive, feat, but the same technology is making paralegals redundant as it undertakes electronic discovery, and is soon to do the same for radiologists. And that, no doubt, will only be the beginning.
In Silicon Valley the phrase "disruptive technology" is tossed around on a casual basis. No one doubts that technology has the power to devastate entire industries and upend various sectors of the job market. But Rise of the Robots asks a bigger question: can accelerating technology disrupt our entire economic system to the point where a fundamental restructuring is required? Companies like Facebook and YouTube may only need a handful of employees to achieve enormous valuations, but what will be the fate of those of us not lucky or smart enough to have gotten into the great shift from human labor to computation?
The more Pollyannaish, or just simply uninformed, might imagine that this industrial revolution will unfold like the last: even as some jobs are eliminated, more will be created to deal with the new devices of a new era. In Rise of the Robots, Martin Ford argues that is absolutely not the case. Increasingly, machines will be able to take care of themselves, and fewer jobs will be necessary. The effects of this transition could be shattering. Unless we begin to radically reassess the fundamentals of how our economy works, we could have both an enormous population of the unemployed-the truck drivers, warehouse workers, cooks, lawyers, doctors, teachers, programmers, and many, many more, whose labors have been rendered superfluous by automated and intelligent machines-and a general economy that, bereft of consumers, implodes under the weight of its own contradictions. We are at an inflection point-do we continue to listen to those who argue that nothing fundamental has changed, and take a bad bet on a miserable future, or do we begin to discuss what we must do to ensure all of us, and not just the few, benefit from the awesome power of artificial intelligence? The time to choose is now.
Rise of the Robots is a both an exploration of this new technology and a call to arms to address its implications