top of page

Oorleef industrialisasie

Hooffoto-123rf.jpg

Rean Steenkamp

 

In ons samelewing het ons baie geriewe wat “primitiewe” samelewings nie het nie, soos elektrisiteit, lopende water, teerpaaie, selfone en nog meer. Is ons egter beter daaraan toe? Ja, baie inwoners van die Eerste Wêreldlande is gewis beter daaraan toe. Hoewel die moderne wêreld ver van perfek is, is die moderne leefstyl waarskynlik die beste wat dit nog ooit in die bestaan van die mensdom was. 

 

Vandag het die meeste ontwikkelde lande ten minste billike menseregte. Daar is min heersende konings of diktators oor en baie word gedoen om klasverskille uit te roei. In ontwikkelde lande kan selfs die president aangekla, hof toe geneem en toegesluit word as hy ’n misdaad gepleeg het. Die meeste kinders in dié lande staan ’n goeie kans om hulself uit ’n minderbevoorregte situasie op te hef as hulle bereid is om te studeer en hard te werk. 

 

Vigs bly ’n terminale siekte, net soos baie vorme van kanker, maar die meeste siektes is geneesbaar. Vandag kan dokters harte, arms en bene vervang en binnekort sal daar onderdele vir bykans die hele menslike liggaam wees. Bysiendheid word genees deur ’n klein operasie van 15 minute en diabetes is ’n hanteerbare siekte. Ons kan prosedures ondergaan wat ons jonger, beter of groter maak. Sommige sê ons is op die punt om die probleem van veroudering self op te los en dat ons binnekort twee keer die lengte van ons huidige leeftyd, of selfs langer, kan leef. Ongelukkig trek slegs ’n klein gedeelte van die aarde se bevolking werklik voordeel uit dié nuwe ontwikkelinge. Selfs in ontwikkelde lande is daar die “haves” en die “have-nots”, en die “have-nots”, wat nie hierdie nuwe tegnologiese wonders kan bekostig nie, is aan die toeneem. 

 

’n Mens wonder waarom dit die geval is. Miskien is dit omdat ons iets verloor het in ons strewe om industrieel te ontwikkel. Is dit nie een van die mens se gewoontes om die pendulum te ver na die ander kant te laat swaai nie? Eers is dit te ver links en dan swaai dit tot by die middel... en verby tot weer te ver regs. Die moderne mens het ’n groot rol gespeel in die ontwikkeling van wetenskap en nywerheid, maar het dalk op ander gebiede die pad byster geraak.

 

Voordat ek egter voortgaan, moet ek onderskei tussen primitiewe en onderontwikkelde samelewings. Vir die doeleindes van hierdie artikel is my definisie van ’n primitiewe samelewing een wat onaangeraak, of redelik onaangeraak, is deur die nywerheidswêreld. Dit sal mense insluit wat in die oerwoude van die Amasone of Borneo woon of die nomade in die steppe van Mongolië. Met onderontwikkelde samelewings bedoel ek gemeenskappe in Derde Wêreldlande wat deur industrialisasie verswelg is, maar nie ten volle ontwikkel of geïntegreer het nie. Hoewel mense in ontwikkelde lande in goeie huise woon, met uitstekende lugversorgde motors ry, in luukse geboue werk en die luukshede van televisie, selfone, internet, laserterapie, hartoorplantings en vele ander fantastiese geriewe geniet waarvan ons onlangs nog net gedroom het, is daar nog baie ongelukkige mense, terwyl misdaad, oorlog, dwelmmisbruik en baie ander euwels steeds toeneem. Laurens van der Post skryf van die San Boesman in sy boek, The Heart of the Hunter (1961): “No matter how grim the fate or circumstances, no matter how meagre the scrap of living allowed to him, life was always worth it and worth fighting for to the end. Such natural aristocracy of spirit alone, I would have thought, should command attention in an age which, despite its advantages and comforts, has seen such a lowering in the human being’s sense of value of life that he is increasingly inclined to take his own.”

 

Die armes van vandag 

 

Die aantal hawelose mense en bedelaars in Suid-Afrika, en waarskynlik in die meeste dele van die wêreld, is aan die toeneem. Bedelaars is nie meer boemelaars nie – mense

A Khoisan family surviving with only tha

San het niks besit nie en het nie vir ’n salaris gewerk nie – net soos vandag se hawelose mense. Met toerusting en kos wat uit die natuur geoes is, het hierdie mense duisende jare lank oorleef, selfs in halfwoestyngebiede soos die Kalahari. Omdat die San Boesman hul omgewing so goed geken het, het hulle dikwels makliker kos gekry as wat ’n mens sou verwag. 

A natural shelter.jpg

'n Natuurlike skuiling in die bos.

With the right knowledge, one can surviv

Indien jy oor die regte kennis beskik kan jy vir 'n onbeperkte tyd in die veld oorleef.

Vuurtoon.jpg

wat dakloos geword het as gevolg van drank of ’n ander antisosiale probleem wat veroorsaak het dat hulle hul werk, huise en gesinne verloor het nie. Nee, hierdie bedelaars het baie keer gesinne en bly ook in ’n huis. Soms gaan dit egter so swaar dat hulle wel hulle huise verloor. Hulle is gewone mense wat hul werk en inkomste verloor het en nie meer vir ’n blyplek kan betaal nie. Dit is ’n toenemende probleem oor die hele ontwikkelde wêreld. ’n Paar jaar gelede kon jy ’n boemelaar op ’n straathoek dadelik uitken as ’n alkoholis wat alles verloor het. Hy het ’n bloupers gelaatskleur en hy lyk vuil en onversorgd. Vandag sien jy dikwels ’n “boemelaar” wat jonk en gesond lyk en ’n rugsak dra. Hy reis met sy huis op sy rug en bedel geld om kos te koop, nie drank nie. 

Dít het my laat dink. Die meeste van ons het ons band met die aarde verloor – met die grond. Die meeste van ons het ook ons ​​eie stukkie grond verloor. Daar was ’n tyd toe die aarde, met al sy wye oop ruimtes, aan almal behoort het. Só was dit toe die San en Khoi nog die enigste mense in Suid-Afrika was. Hulle het niks gehad nie, maar hulle het geweet hoe om van die veld af te leef. Hulle het wilde vrugte, groente en wortels geëet en gejag.

 

Daar het ’n tyd in die meeste dele van die wêreld gekom toe bykans al die grond opgeëis is. Aanvanklik het dit aan stamme en later aan stamhoofde en konings behoort. Vandag behoort die meeste van die grond in die wêreld, veral in die ontwikkelde lande, aan ’n individu of ’n maatskappy. Die oorgrote meerderheid mense in ontwikkelde lande het net ’n erf – en slegs in naam, aangesien hulle steeds belasting daarop moet betaal en dit kan opgeëis word indien die owerhede dit nodig het. 

 

Haweloses het dus geen plek om te heen gaan nie. Hulle kan na ’n park gaan of hulle kan na ’n oop veld gaan wat lyk asof verlate is, maar hul verblyf is onwettig. Selfs indien hulle nie ontdek word nie, is die plek waar hulle bly, nie so maklik om van te leef soos dit honderde jare gelede was nie. Dit mag egter nie onmoontlik wees nie. Die persoon mag op ’n strand woon, waar hy of sy kan lewe van wat versamel of in die oseaan gevang word. Ek vermoed egter die meeste van hierdie mense weet nie hoe om dit te doen nie. Mense van die stad of dorp wat hul werk verloor, bly aan in die stad of dorp en probeer om op een of ander manier geld te verdien deur los werkies te doen of deur te bedel. Soms word hulle misdadigers.

 

Haweloses sal waarskynlik beter vaar deur byvoorbeeld by die Suid-Afrikaanse Weskus vis te vang en te probeer om te probeer ontdek wat in die veld groei wat eetbaar is. Hulle hoef net uit te vind waar so ’n plek is en hoe om daar te kom. Dan moet hulle bereid wees om soos die San Boesmans te leef. Dié mense het deur oorlewering geleer hoe om van die veld af te leef. Hulle het geweet waarna hulle moes soek en waar om dit te soek, asook wanneer om na ’n ander gebied te trek. Die San het niks besit nie en het nie vir ’n salaris gewerk nie – net soos vandag se hawelose mense. Tog het hulle boë gemaak van boomtakke, pylpunte van been en klip en ’n kragtige gif van ’n kewer se larwes. Met die boog en pyl, ’n primitiewe maar effektiewe wapen, het hulle wild gejag en klere, sakke en ander gereedskap uit die vel en bene van hierdie diere gemaak. Met toerusting en kos wat uit die natuur geoes is, het hierdie mense duisende jare lank oorleef, selfs in halfwoestyngebiede soos die Kalahari. Omdat die San Boesman hul omgewing so goed geken het, het hulle dikwels makliker kos gekry as wat ’n mens sou verwag. Die volwassenes het dikwels net ’n paar uur per dag spandeer aan jag en om kos uit die veld te versamel. Soms het hulle heeldag in die kamp gebly en verhale vertel van hul vorige jagte, of oor die mites oor hul gode, insluitende die lug, maan en reën, die dierewêreld en selfs hoe hulle jagter-versamelaars geword het. Baie van hierdie tyd is om die kampvuur deurgebring.

 

Die meeste verstedelikte mense het die vermoë verloor om hul eie kos te vind. Alles wat hulle eet, word by ’n winkel gekoop. Hulle weet nie hoe om te plant, te versamel of te jag nie. Hulle het geen idee hoe om te oorleef sonder die ondersteuningstelsel waarmee hulle grootgeword het nie. Hulle is soos gespesialiseerde miere, wat net weet hoe om een ​​werk te doen. Hulle het die res van die nes nodig om te oorleef. Indien die werk waarvoor hulle opgelei is, uitgedien raak, is hulle verlore. Dit is waar dat baie mense leer om dan iets nuuts te doen en begin ’n nuwe loopbaan, soms selfs laat in die lewe. Mense met laerbetaalde werk is dikwels nie goed opgelei nie en vind dit baie moeiliker om ’n nuwe lewe te begin wanneer hulle hul werk verloor. Hulle het veel groter kompetisie wanneer hulle werk soek en het gewoonlik minder geld om hulle te ondersteun in hul soeke na ’n nuwe loopbaan. Hul gesinne of ondersteuningsgroepe het dikwels dieselfde probleem en kan hulle nie help nie. Op die ou end glip hulle deur die stelsel en word haweloos. 

 

Dit sal wonderlik wees as hulle na die natuur kon terugkeer en van die veld af kon leef. Aangesien so min ongeskonde dele van die wêreld nog bestaan of reeds aan iemand behoort, is dit waarskynlik goed dat dit die geval is. Stel jou voor wat van die nasionale parke en bewaringsgebiede sou oorbly indien hulle met haweloses van die stede oorstroom word. Die laaste ongeskonde dele van die natuur sal gou vernietig word. 

 

Dit bly egter tot voordeel van die geïndustrialiseerde mens om van hierdie verlore oorlewingsvaardighede te aan te leer, aangesien hy hom om die een of ander rede in ’n oorlewingsituasie kan bevind. Die oomblik dat dit gebeur, sal die stedeling sy definisie van “primitief” moet heroorweeg en die vaardighede van die “primitiewe” San sal dan opreg waardeer word. Dit is goed vir die individu om hom of haar voor te berei vir moontlike oorlewingsituasies deur ’n verskeidenheid jagvaardighede te bemeester. ’n Geweerjagter moet leer hoe om met ’n boog te skiet, buitelewe-entoesiaste moet leer hoe om wapens van natuurlike materiale te maak wat vir jag gebruik kan word. ’n Mens moet soveel moontlik inligting oor die natuurlewe en so meer inwin en bestudeer. Baie mense het nog nooit iets vir kos doodgemaak nie. Iemand anders doen dit gewoonlik vir hulle. Die dood van ’n ander lewende wese kan dus ’n moeilike sielkundige brug wees om oor te steek, hoewel dit nodig mag wees vir oorlewing.

 

Jagvaardighede hang nie net af van die vermoë om wapens te maak nie. Die jagter moet ook weet hoe om die wapens te gebruik, asook kennis dra van dieregedrag, plantkunde, bosnavigasie en ’n verskeidenheid ander aspekte. Dit is vaardighede waarmee die “primitiewe” mens toegerus was. Om die term “primitief” te gebruik wanneer jy van hierdie mense praat, is dus ’n onreg vir die diepte van hul kennis, vindingrykheid en tegniese vermoëns. 

Bitter min mense kan deesdae 'n vuur maak sonder vuurhoutjies of 'n sigaretaansteker, terwyl dit 'n alledaagse kunsie vir die Boesmans was.

Library - 0558.jpg
bottom of page