top of page

 

Hoegemaak met moerkoffie sonder 'n perkoleerder?

Deur Rean Steenkamp

 

Ek het al 'n hele paar kere by 'n plekke opgedaag met 'n sakkie moerkoffie wat ingepak is, maar nie met 'n "tumbler" of 'n perkoleerder tot my bekikking nie. Dit is nogal lastig, maar dit is nie nodig om die koffie weer weg te pak en 'n tee te drink nie – 'n mens kan 'n plan maak.

   Ons voorouers jare lank sonder 'n moderne perkoleerder moerkoffie gedrink. Dit kan dus nie té moeilik wees om 'n plan te beraam nie.

    Daar is waarskynlik verskillende motodes wat 'n mens kan inspan. Die maklikste manier is natuurlik om 'n kort sykous in te span, dit is nou indien een beskikbaar is. Maak seker dit is 'n nuwe sykous en nie 'n gebruikte een nie!

    Dié kort sykous kan eenvoudig met die punt na binne oor 'n beker gespan word. Die oop agterkant word dan oor die rand van die beker of ander houer gestrek. (Foto 1) Indien dit 'n beker is en gebruik gaan word om net een koppie koffie te maak is dit baie maklik. 'n Lepel koffie word in die sykous gegooi en daarna genoeg water... bykans tot bo aan die beker. Dan word die beker so gelaat vir so drie na vier minute. Die sakkie word van die rand losgewikkle en uit die koppie gehaal. Daar behoort nou ongeveer twee derdes van die vloeistof in die koppie oor te bly. Melk, wat vooraf warm gemaak, is kan nou by die inhoud gevoeg word en ook suiker indien nodig. Siedaar, die koffie is gereed. Na so paar keer se koffie maak op dié manier sal jy weet hoeveel koffie en hoeveel water om te gebruik om koffie teen die regte voorkeursterkte te maak.

   Maar wat nou indien 'n sykous nie beskikbaar is nie? Dan moet jy maar 'n skoon sakdoek en 'n rekkie inspan of skuifspeld inspan om die werk te doen.

    'n Maklike manier is om die skoon sakdoek te begruik net soos dit opgevou is nadat dit gestruik is. Neem die opgevoude sakdoek en plaas dit met 'n "toe" hoek na onder en 'n "oop" hoek na bo. Vou die rante oor die koppie se rand en maak dit met 'n rekkie of met twee skuifspelde aan die rand van die koppie vas.

   Gooi nou 'n genoeg koffie na smaak in die gevoude sakdoek en daarna die water. Laat dit toe om 'n paar minute te staan. Verwyder die sakdoek met die koffiemoer binne. voeg melk en suiker by indien nodig.

   Die koffie moer kan een voudig uitgeskud word en die sakdoek word weer gewas sodat dit later weer gebruik kan word om koffie te maak.

   Wel, drink en geniet... die nuuste navorsing dui daarop dat die matige gebruik van koffie baie goed vir die gesondheid is.

 'n Skoon sakdoek en skuifspelde kan gebruik word as filter om moerkoffie mee te maak. 

Die sakdoek word met skuifspelde of 'n rekkie vasgehou.

Die koffie word in die sakdoek gegooi.

Die water word dan bygevoeg en gelos om deur die koffie en die sakdoek te filtreer (sien onder).

Wanneer die koffie getrek het, word dit dan ingegooi en geniet.

Bo en ONDER: 'n Sykous wat oor die opening van 'n ketel gespan word, werk baie goed. In dié geval is 'n sykous wat aan albei kante oop is gebruik. Die onderste opening is opgevou en bo met 'n skuifspel vasgemaak. 

bottom of page