top of page

’n Olielampie van oorskietmateriaal

Hooffoto 2.JPG

REAN STEENKAMP

 

Ons gereeld gaan kamp en het ook jare lank staptoere gestap; daarom besit ek ’n hele paar klein gaslampies – van dié soort met die gasblikkie wat na gebruik weggegooi word.

Wanneer daar ’n kragonderbreking is, is die gaslampies nogal baie nuttig, maar sodra die gas opgebruik is, is die silindertjie waarin die gas geberg is, nie meer van veel nut nie. Wat nou daarmee gemaak?

Die silinder is gewoonlik baie stewig en het net een gaatjie in bo. Op ’n dag het die blikkie so al in die rondte gedraai en toe tref dit my dat dit moontlik in ’n olielampie omskep kan word.

Dit was net nodig om een gaatjie te boor en die bestaande gaatjie effentjies groter te maak en siedaar, dit is sommer gou-gou in ’n bruikbare olielampie omskep. Op die manier waarop ek die blikkie in ’n lampie omskep het, maak dit ongeveer dieselfde hoeveelheid lig as een kers. Indien die gaatjie bo in die blikkie egter langer oopgesny word, kan ’n gewone olielamp se pit daarin gebruik word en sal dit natuurlik heelwat meer lig maak. Ek beplan om dit te probeer doen, asook om ’n effens meer gesofistikeerde lampie van die gasblikkie te maak.

Nou ja, só het ek die lampie gemaak:

Foto 1.JPG

Foto 1: ’n Mens het een of meer leë gashouertjies nodig, asook ou wynbottelkurkproppe (of gomstokkies) en ’n ou skoenveter.

Foto 2.JPG

Foto 2: Neem die leë gashouer en slaan die ronding op die kant effens platter.

Foto 3.JPG

Foto 3: Neem nou ’n spyker en ’n hamer en slaan ’n klein gaatjie deur die wand van die houer.

Foto 3: Neem nou ’n spyker en ’n hamer en slaan ’n klein gaatjie deur die wand van die houer.

Foto 4.JPG

Foto 4: Gebruik ’n boor en tungsten-boorpunt, plaas dit in die spykergaatjie en boor die gat groter.

Foto 5.JPG

Foto 5: Gebruik ’n groter boorpunt en boor die gat nog wyer.

Foto 6.JPG

Foto 6: Ek het die gaatjie net groot genoeg geboor dat ’n gomstokkie baie styf daarin pas. Dit gaan die prop vir die gat vorm. ’n Mens kan ook die kurkprop kleiner sny totdat dit styf in die gat pas.

Foto 7.JPG

Foto 7: Sny nou een of ’n paar proppe van die gomstokkies.

Foto 8.JPG

Foto 8: Sny ’n 20 mm-stukkie van die skoenriem. 

Foto 9.JPG

Foto 9: Druk die skerp puntjie van die skoenveter by die klein gaatjie bo in die gashouer en begin dit na binne werk. Dit is nie baie maklik nie.

Foto 10.JPG

Foto 10: Ek het gevind dat ek die skoenriem redelik maklik met ’n dun Allensleutel na binne kan druk. Die meeste van die skoenriem moet binne wees, want dit gaan die pit vorm wat die olie na die oppervlak moet vervoer.

Foto 10: Ek het gevind dat ek die skoenriem redelik maklik met ’n dun Allensleutel na binne kan druk. Die meeste van die skoenriem moet binne wees, want dit gaan die pit vorm wat die olie na die oppervlak moet vervoer.

Foto 11.JPG

Foto 11: Gooi versigtig lampolie (paraffien) deur die gaatjie in die houer. Dit is natuurlik makliker en minder morsig om ’n tregter te gebruik.

Foto 12.JPG

Foto 12 en 13: Druk nou die prop in die gat waardeur die olie gegooi is, sodat dit nie weer kan uitloop nie.

Foto 13.JPG
Foto 14.JPG

Foto 14: Die skoenriem moet kort afgesny word. Skud die lampie ’n bietjie sodat die olie so naby aan die punt van die skoenriem vloei as moontlik. Die lamp is nou gereed om aangesteek te word.

foto 15.JPG

Foto 15: Steek nou die lamp aan. Indien die pit te lank is, sal die vlammetjie rook.

Foto 16.JPG

Foto 16: Gebruik die Allensleutel en druk die put versigtig terug totdat dit ophou rook. Die lamp is nou gereed vir gebruik.

Foto 17.JPG

Foto 17: Om die kant van die lampie minder glad te maak, kan van die gegomde net, wat by hardewarewinkels gekoop kan word, gebruik word om ’n rand om die lamp te vorm.

Foto 18.JPG

Foto 18: Indien die lampie netso gebruik word, kan ’n trek of ’n ligte windjie in ’n vertrek die vlam laat flikker of rook. Om die probleem op te los, kan bykans enige 1,5 liter-koeldrankbottel se bo- en onderkant afgesny word en oor die lampie geplaas word om ’n lampskerm te vorm. 

bottom of page