top of page

Hoe om buite in die bos vuur te maak

 

Deur Jan Harm

 

Jy is in die bos en jy moet vuur maak, maar jy het vergeet om papier of vuuraanstekers te bring. Wat doen jy nou?

 

Heel eerste moet jy ’n area kies waar jy die vuur wil maak. Dit moet ’n oop area op ’n skoon stuk grond wees, anders kan jy dalk die grootste bosbrand van die eeu veroorsaak. En dít kan baie gou gebeur. Maak derhalwe seker dat daar nie droë gras naby is wat die veld aan die brand kan steek nie en ook dat daar nie droë takke bo-oor die vuur hang nie. Maak ook seker uit watter rigting die wind waai. Dit is beter om die vuur in ’n gat te maak.

Tontel: die binnekant van ’n voëlnes, buffelmis of die droë mis van enige grasvretende dier. Vuurmaakhoutjies: fyn takkies, so dik soos jou pinkie en dunner. Brandhout: takke en houtstompe. Ronde stompe brand stadiger as gesplete stompe. Om die vuur vinniger te laat brand moet jy die stomp splyt. Vierkantige opstapeling van brandhout: Los die windkant oop.

Maak droë blare en fyn takkies bymekaar. Plaas die blare op die plek waar jy die vuur wil maak en sit die takkies bo-op.

Maak nou dikker takkies bymekaar en pak dit op die fyn takkies. Kry nog twee keer groter takke en sit dit telkens bo-op die kleiner takkies. Onthou om ’n bietjie ruimte tussen die takke te laat waardeur jy die blare aan die brand kan steek.

Kry klein takke en plaas dit op die dunner takkies in die vorm van ’n tepee (keëlvormige tent). Pak dan die volgende laag groter takke aan die buitekant. Nou is jy gereed om die vuur aan die brand te steek. Die blare sal vlam vat en die vlamme sal groter en groter word.

bottom of page