top of page

’n Visblik-kers vir donker dae

 

Deur Rean Steenkamp

 

“Ag nee, die krag is af … al weer!” roep die kinders. “Al weer die slagoffers van beurtkrag,” dink ek – en ek het vergeet om kerse en lampolie te koop. Die gasbottels is ook leeg, tref dit my!

 

 “Die donker kom van buite en syfer deur die ruite …” sing Koos du Plessis. Ek dink die man was ook ’n siener … het seker geweet wat op ons wag. Deesdae is ons gereeld in die duister.

 

Gelukkig het ek nie alle tegnologie laat los nie en ry ek soms ook branders op die internet-golf. En daar het ek iets raakgeloop wat my nou uit die moeilikheid kan help en sommer my vrou sal beïndruk en laat vergeet van al die goed wat ek vergeet het om te koop. Met die inligting kan ek die kinders wys wie MacGyver in dié huis is.

Ek soek in die koskas en jou wrintie, daar kry ek dit – ’n paar blikkies tuna wat ingelê is in visolie. Net die ding om’n paar visblik-kerse vir die huis te maak.

 

Met net ’n spyker, ’n hamer, ’n skêr, ’n servet en ’n boksie vuurhoutjies pak ek dié taak aan. Kort voor lank is daar ’n hele paar kerse op strategiese plekke in die huis.

 

Ek sien my dogters is nogal beïndruk en ek vra: “Wie is MacGyver, hû, wie?” My dogters kyk my onbegrypend aan. “Nee, Pa, geen idee nie, wie?” sê die oudste.

Ai, het die tyd só vinnig verby gegaan? Maar nou ja, die lig skyn en ons stamp nie ons tone nie. Ons oorleef nog ’n donker aand in Tshwane.

1

2

Foto 1: ’n Blikkie tuna wat in plantolie ingelê is, is nodig.

Foto 2: Draai die blikkie om sodat die onderkant na bo wys.

Foto 3: Neem ’n spyker of iets skerps en hard en slaan ’n gaatjie deur die blik.

Foto 3: Neem ’n spyker of iets skerps en hard en slaan ’n gaatjie deur die blik.

Foto 4: Sny ’n stukkie van ongeveer 7 by 2 cm van ’n papierhanddoek of servet af.

Foto 4: Sny ’n stukkie van ongeveer 7 by 2 cm van ’n papierhanddoek of servet af.

Foto 5: Rol die papier in ’n dun rolletjie.

Foto 5: Rol die papier in ’n dun rolletjie.

Foto 6: Draai die rolletjie styf.

Foto 6: Draai die rolletjie styf.

Foto 7: Werk nou die styfgedraaide rolletjie by die gaatjie bo in die blikkie in sodat net ’n stukkie bo uitsteek.

Foto 7: Werk nou die styfgedraaide rolletjie by die gaatjie bo in die blikkie in sodat net ’n stukkie bo uitsteek.

Foto 8: Daar sal waarskynlik ’n stukkie van so 2 of 3 cm oorbly.

6

Foto 9: Sny die papierrolletjie korter sodat net ongeveer 5 mm bo die blikkie uitsteek.

Foto 10: Die visblik-kers is nou gereed om aangesteek te word.

Foto 11: Steek die papierpit aan die brand.

7

Foto 12: Siedaar, die kers is gereed om êrens in die huis die duister te verdryf.

Foto 13: Indien die kers rook, moet die pit so bietjie korter gesny word.

Foto 14: Hoewel ’n pit van papier werk, is dit beter om die regte pit vir ’n olielamp te gebruik. Sny ’n stukkie af wat net dik genoeg is om in die gaatjie te pas en ook lank genoeg is om diep in die blikkie in te druk

10

Foto 15: Druk die pit so diep in die blikkie in as wat jy kan. Dit moet die olie van heel onder af kan opsuig na die vlam toe.

Foto 16: Sny die pit kort sodat net ’n kort stukkie uitsteek en steek dit aan die brand.

Foto 17: Dié vis-kers sal meer as agt uur lank brand.

bottom of page