top of page
IMG_1984.jpg

Benodig jy ’n bykomende rugsak? Maak een van ’n broek! In ’n noodgeval kan jy vir jouself ’n nuttige bruikbare rugsak uit ’n ekstra broek maak sonder om die broek te beskadig.

Maak só:

  • Neem ’n ligte maar stewige tou en bind die broekspype naby die onderkante stewig toe met ’n ordentlike knoop (Figuur 1). Laat die punte van die toue afhang. Ryg ’n langer tou deur die beltlussies van die broek (Figuur 2).

  • Pak nou die goed wat jy wil saamdra, kompak in ’n lap, broek, hemp, baadjie of wat ook al en sit dit in die boonste deel van die broek.

  • Ryg die belt of ’n stuk tou styf deur die lussies sodat dit die bagasie binne hou.

  • Verleng die punte van die belt of tou tussen die bene van die broek deur en bind aan die belt aan die agterkant vas.

  • Neem nou die toue om die broekspype en bind dit ook aan die belt/tou vas (Figuur 3 en 4)

  • Gooi nou die sak oor jou skouers en gebruik die broekspype as skouerbande. Siedaar, ’n netjiese rugsak (Figuur 5).

Figuur1-5.tiff
IMG_1646.jpg

Hier is 'n wysiging op die broekrugsak. Die broekpyp word in drie gesny en inmekaar gevleg soos hier onder gewys.

IMG_1660.jpg

Maak dan 'n knoop aan die onderpunt en vleg en knoop nou die ander broekpyp ook.

IMG_1661.jpg

Die knope onder aan die gevlegde broekpype kan nou soos hierbo by die sakknope ingehaak word, of dit kan bo aan die beltlussies vasgeknoop of gewerk word. Die broekpype is dus die bande wat oor die skouer en bors gedra word. Indien die broekpyp té kort is en te styf sit, word daar eenvoudig 'n tou aan die onderpunt van die broekpyp vas- gemaak. Die tou se ander punt word dan aan die beltlussies vasgemaak, of om die knopies van die agtersakke gehaak. 'n Ander tou word dan deur die beltlusse geryg, styf getrek en geknoop om die sak bo toe te maak soos gewys in die hooffoto van dié artikel.

bottom of page