top of page

Haal die vlamme uit jou braaivleisvuur

Braai2.jpg

Daar is niks lekkerder as 'n braai en kuier saam om die kampvuur nie. Totdat die kole opvlam en die vlamme die smaak van jou u gunsteling lamsvleis of wors bederf.

 

Ons weet almal dat die vuur warm moet wees. Hoe nader die rooster egter aan die vuur kom, hoe groter is die kans dat vlamme sal opvlam en jou die smaaklike maaltyd gaan verbrand.

 

Daar is ’n eenvoudige antwoord. Aangesien jy braai, is daar heel waarskynlik broodrolletjies en, nog belangriker, 'n blikkie tamatie en uiesous. As jy 'n kampeerder is en lief is vir die natuur, is jy gewis bewus die voordele van herwinning. Jy wonder teen die tyd seker waarvan praat ek?

 

Moenie die tamatieblikkie weggooi nie. Herwin dit. Vul dit met water, en wanneer jy gereed is om jou vleis op die rooster te plaas, plaas jy die blikkie in die middel van jou vuur. Sodra die water begin kook, sal die vlamme ophou opvlam. Dit stel jou in staat om die rooster so naby aan die vuur te sit as wat jou wil – en siedaar – daar is nie meer vlamme wat die sous sal bederf nie. Wel, ten minste nie vir solank as wat jy die watervlak dophou en sorg dat daar water in die blikkie is nie.

bottom of page