top of page

Tarentaalborsrepies oor die kole

Braaihoender-123rf.jpg

Daar is baie tarentale in die meeste gedeeltes van ons land en selfs ook in stede soos Pretoria. Indien 'n mens 'n tarentaal se vleis nie reg gaar maak nie is dit egter baie taai. Johan van de Giessen gee hier sy resep om dié vleis geurig gaar te maak:

 

 

 

  • Gebruik die vleis van 8 tarentale. Sny die borsvleis in filette. Dit lewer 2 groot en 2 klein stukkies vleis uit elke tarentaal.

  • Sny die grootste stukke elk in drie repies.

  • Plaas die vleis in ’n diep mengbak.

  • Voeg ongeveer 2 tot 3 eetlepels olyfolie by.

  • Druk die sap van 1½ suurlemoen oor die vleis uit.

  • Geur met grofgemaalde sout en varsgemaalde swartpeper, na smaak.

  • Voeg jou gunsteling sterk gegeurde sous (peri-peri of rissie) by, na smaak.

  • Meng deeglik met jou hande en proe aan die sous. Voeg speserye by soos nodig.

  • Laat 15-20 minute eenkant staan.

  • Braai oor baie warm kole ongeveer een minuut aan ’n kant.

  • Sit reguit van die kole af voor as ’n voorgereg vir 4 tot 6 persone, of as maaltyd vir 2 persone saam met gaar jong aartappeltjies, botter en ’n avokadoslaai.

bottom of page